Translated, the title means ‘Be still and know’ and some Afrikaans-speaking people might recognize it from a hymn or devotional song that I remember from my youth. Like many fellow South Africans I was raised going to church every Sunday. Nowadays my church is in the wild, in moments spent in nature. I feel that a lot of people know where they feel closest and most connected to their god, their faith or their sacred truth, but they rarely make time to follow their heart’s calling. We all have a purpose, something that makes us feel alive and excited, and this artwork, when read, is a call to heed your inner knowing. The text on this artwork has been scratched into the surface by hand, in the same way that I believe our life purpose is etched into our heart/soul.

Text carved unto the photograph:

Wanneer jy dink dat jy nie meer kan aangaan nie, dat die lewe net te swaar raak, en jy net ‘n oomblik stilraak, stilstaan, dan besef jy dat jy meer krag en uitvermoë en moed het as wat jy ooit gedink het. Op ‘n staptog, maak nie saak hoe moeg jy raak nie, daar is nog altyd daardie ekstra bietjie energie as jy dit regtig nodig het. Ons is soveel sterker as wat ons besef. In die stiltes tussen elke dag broei daar ‘n oneindigende bron van drag, energie, inspirasie waartoe ons toegang het as ons net so besluit. Ons het mekaar om te help deur moeilike tye en ons het ‘n innerlike kompas wat ons op koers hou. Luister net mooi na die fluistering an jou siel en jy kry al jou antwoorde. En wanneer jy dit eenvoudig net glad nie kan raaksien nie, en jouself blind staar en stom skree teen ‘n muur, kan jy stilraak en bid, vra vir bystand, vra vir leiding, en vra vir die vrede in jou hart waarna ons almal eintlik soef en streef. Ons het elkeen so baie om oor dankbaar te wees. Gister mag eintlik nie vandag jou aandag aftrek nie, nê? Elke dag bring sy eie uitdagings en plesier en jy kan maklik die geleenthede en mooiheid miskyk as jou kop vashaak by die verlede se dinge. En more het nog minder met vandag uit te waai. Bekommernis oor die toekomsis werklik ‘n mors van tyd en energie. Moenie wag en verskonings maak om jou drome na te streef en te bewaarheid nie. Om aan te hou verskonings maak gaan jou niks nader bring aan jou drome en doelwitte nie.

Word wakker, staan op en kyk na die berge, na die wye blou lug, na die stille woeste oseaan vir jou krag, vrede en inspirasie. Dans deur elke dag, met ‘n singende hart, wetende dat net jy self in jou pad kan kom. Moet nie toelaat dat enigiets jou keer nie – beur voluit vorentoe sonder skroom, sonder twyfel, sonder vrees. Wees vry, vlieg op die vlerke van jou passie. Ons elkeen het talente gekry om mee te woeker en soms is ons geleenthede om te kan blink en floreer reg onder ons neus. Maak oop jou oë en sien wat die lewe jou bied. Wees stil en weet jy is presies waar jy moet wees hierdie oomblik.

Dis nie altyd maklik om positief te bly nie, maar dis belangrik. Deur positief te bly, stel jy jouself in staat om beter oplossings te kan uitdink vir jou probleme. Jy staan ook ‘n baie kleiner kans om siek te word, omdat jou immuunstelsel sterk gehou word deur jou positiwiteit. Jou denkwyse beinvloed en beheer jou hele leefwyse. Met jou gedagtes kan jy ‘n dag of ‘n gebeurtenis maak of breek. Hou jou gedagtes skoon, mooi en positief en jy kan berge versit! Die maklikste manier vir my om dit reg te kry is deur tyd in die natuur of buitelug te spandeer – dit skep vrede en stilte in my gemoed om onder die blou lug, tussen hoë bome en in klowe rond te loop, te swem en te sit en dink. Dit plaas goed in perspektief en ek kan myself bewonder aan die ongelooflike kompleksiteit en uniekheid van elke ekosisteem. Elke plantjie, diertjie, insek en fungus het ‘n doel en rede vir bestaan, ‘n bydrae om te lewer vir die gesonde en volhoubare voortbestaan van die hele ekosisteem. Dit maak my nederig om te kan besef watter baie klein stukkie ek werklik eintlik is van hierdie lewensweb, en dit laat my besef dat ook ekke ‘n baie spesifieke doel en rol het om te speel om die ekosisteem te ondersteun en te beskerm.

Ons raak so maklik vasgevang in alledaagse lewe, en oorreed deur die media en advertensies dat ons begin glo dat ons doel is om goed te koop, hard te werk, kinders te hê en nog harder te werk met die hoop dat jy eendag die grootbaas kan wees of aftree met genoeg geld om gemaklik te kan aftree en jou laaste jare te kan geniet deur te ontspan op ‘n mooi plekkie, dorpie of strand. Wat ons baie maklik dan vergeet of selfs onbewus van is, is dat ons elkeen ‘n ander groter doel het – iets wat jou hart vir jou smeek en skree om te doen, maar jy bly blind en doof daarvoor – terwyl jy jouself oorreed dat jou droom te mal, moeilik, of gevaarlik is. Verbeel jou, vir ‘n oomblik, dat jy jou groot droom kan bewaarheid – nee, nie die droom waar jy ‘n Ferarri ry met ‘n dowwe blongs langs jou nie – die droom wat jy heel waarskynlik vir niemand vertel nie omdat dit te anders is, te mal klink, te “ambitious” klink. Ja, daai een wat vir jou hartkloppings gee en jou so bietjie bang maak. Wat daarvan as jy fokus op daai een en jouself stukkie vir stukkie nader aan daardie droom bring. Moet jy spaar daarvoor, of deeltyds studeer om die nodigee kennis en aardighede te kry? Moet jy travel daarvoor of ‘n klomp mense se ondersteuning kry om dit te bewaarheid? Wat keer jou? Neem stukkie vir stukkie die struikelblokee uit jou pad. Wees dapper, sterk en hou aan prbeer. Moeniet ooit opgee nie en bly nader beweeg aan jou droom, jou ware lewensdoel. Wanneer jy struikel, moenie opgee nie, staan weer op en veg voort vir dit wat jy glo en diep in jou hart as jou waarheid ken. Moenie toelaat dat ander mense jou moedeloos of bang maak nie – hulle is net self te bang om hulle eie drome te volg. Daar is duisende mense wat daagliks hulle droom lééf, mense net soos ek en jy – hulle het begin waar jy nou is. Wil jy ure, dae, maande, jare en dekades spandeer aan ‘n lewe wat veilig is en tradisie, die media of ander mense se opinies volg of wil jy daardie tyd gebruik om aan jou droom te bou? Die keuse lê in jou hande, net jy kan besluit en begin werk daaraan om jou groot droom of drome te bewaarheid. ‘n Werklikheid te maak wat jy elke dag kan beleef.

Net vir ‘n oomblik, raak stil en verbeel jouself watse ongelooflike toekoms jy vir jouself kan skep. Raak stil, wees dapper en beweeg vorentoe met sekerheid, uithouvermoë en vrede in jou hart.

  • Title Wees stil en weet
  • Medium mixed media on photographic print
  • Size 45 x 29.5cm
  • Year 2014